As ware Namibiër het ek dit my plig geag om van my wedervaringe in en om hierdie land vir die nageslag op papier neer te lê. My pa het my van kleintyd af waardevolle lesse uit die natuur geleer. Hy het my ook geleer hoe om mense en die natuur waar te neem en hoe om korrekte afleidings daaruit te maak: ’n baie belangrike aspek wat ek nog daagliks toepas.

Dit was ook eers op die ouderdom van ses jaar wat ek vir die eerste keer uit die Walvisbaai-omgewing is vir ’n baie kort besoek aan ons hoofstad. In dié bundel vertel ek van die besoek, asook van verskeie karakters en gebeurtenisse eiesoortig aan die uniekheid van desjare se Walvisbaai.

Kort na ons land se onafhanklikheidswording, het ek die Namibiese Speurskool op die been gebring, waarna ek tegelykertyd as Speurhoof  van die Caprivi- en Kavango-distrikte opgetree het. Na twee jaar op Rundu het ek gedurende 1993 bedank en ek bevind my sedertdien in die besigheidswêreld.

In hierdie bundel verskyn daar verskeie staaltjies wat afspeel gedurende my polisiejare, beide gedurende en na die oorlog, asook ’n staaltjie of  twee oor gebeure na my polisieloopbaan en ook verhale deur my pa en vriende aan my oorvertel.

 

Pryse
Hardekopie N$ 180-00
Digitale Kopie N$ 130-00

Bestel Hier

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com