LOOPGRAAF, die agtste digbundel van Oswald Rall Theart, se boodskap is spesifiek, maar universeel: oorlog het geen wenners nie.

Die sinneloosheid van menseverlies, die lyding van soldaat en van naasbestaandes, die ontberings en opofferings van ’n land as geheel: alles spreek uit hierdie versameling gedigte en lirieke, wat eerlik en rou uit die hart van ’n oudsoldaat bloei.

Bykans al die gedigte word geïnspireer deur onverwerkte trauma, wat byna bloed-loos en onverbiddelik binne are pols en soos ’n skaduwee saamgesleep word. Teen hierdie agtergrond lyk die toekoms sonder hoop, maar die inslagdraad van die verweefde werklikheid, is die versugting tot versoening, heling en herstel, wat die bundel so dringend aanspreek, met meer as net ’n sprankie hoop.

 

Pryse
Hardekopie N$ 180-00
Digitale Kopie N$ 130-00

Bestel Hier

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com