Die bekroonde Namibiese prosaskrywer, digter en liriekskrywer, Oswald Rall Theart se bundel SWART KOFFIE is die tweede bundel liefdesgedigte wat hy opdra aan sy vrou, Corry.

Die bundel lees soos ’n bittersoet liefdesbrief – “die ink ... my eie bloed” – aan die vrou van sy hart. Met repetisie en herbevestiging van liefdeswoorde en beloftes besing hy haar, wat nes die maan ”helderoordag” haar prag openbaar. Hy maak haar opnuut die hof, in die hier en die nou, maar ook met beloftes uit die verlede en vir die toekoms, besweer hy die misverstande met verduidelikings en openlike pamperlang.

Hy veroorloof homself en sy geliefde soms verbeeldingsvlugte, waarop hy die leser saamneem: wens
ek jy kom ook eet/my rooiborssysie/aan die sade/hier in my hart!

 

Pryse
Hardekopie N$ 225-00
Digitale Kopie N$ 175-00

Bestel Hier

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com