|
Vlier
Sou ek die stormwinde sonder vrees kon ry; bloots sonder saal of stiebeuels, met net ’n riem as teuels;
sou ek in die lug hop-galop, draai-swaai, skoppelmaai soos 'n perd, rondomtalie op vleuels;
dan sou ek die wind se pieke ry; dit tem, dit wys, hoe om oor gifsaad van die vlier te gly!
|