Verbode: woestynliefde

Soggens vroeg sal ek vir jou
die mooiste woorde
uit die oggendmis ontvou;
sal dit op ligeen en bossieveld
versamel om vrylik oor tak
en blaar te vloei.

Ek sal jou bemin, jou vertel
hoe mooi jy is,
hoe lief ek jou het.

Maar as die son opkom, die mis
verdwyn, sal ons swyg,
niemand hiervan vertel...

Tot die mis weer kom en ons
begeertes blom; dan sal ons die soete
vog weer proe
en drink.

 

Pryse
Hardekopie N$ 180-00
Digitale Kopie N$ 130-00

Bestel Hier

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com