Oswald Rall Theart het grootgeword onder die sterre van Walvisbaai en die Namibwoestyn. Hy matrikuleer aan die Hoër Jongens Seunskool, Paarl, waarna hy sy militêre diensplig deur die Namibiese Polisie voltooi. Hy behaal sy D. Pol, met Cum Laude, aan die Universiteit van Namibië en in sy finale jaar ontvang hy ook die rektorsmedalje vir beste akademiese student.

Hy spandeer ’n gedeelte van sy jeugjare in Ovamboland en bly daar aan tot die einde van die grensoorlog. Na die oorlog bring hy die Namibiese Polisie se speurskool op die been, voordat hy verplaas word na Rundu om as beide die Kavango en Caprivi se speurhoof  op te tree. Hy tree na agt jaar uit die Polisie as Hoofinspekteur, om die besigheidsmark te betree.

Hy is vandag ’n gevestigde besigheidsman, met eiendomme in beide Rundu en Walvisbaai. Hy woon tans saam met sy familie op die walle van die Okavangorivier, net buite Rundu.

 

Pryse
Hardekopie N$ 150-00
Digitale Kopie N$ 100-00

Bestel Hier

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com