Digter, skrywer, filosoof, en liriekskrywer. Oswald Rall Theart skryf oor sy land met die innigheid van die natuurliefhebber, die passie van die digter en die stille nadenke van die filosoof.  Sy verse is toeganklik, aards-humoristies en bedrieglik eenvoudig; dit spreek die oop raaisels aan wat so klinkklaar deur poele van oë en die ontvanklike hart gereflekteer word. Sy beeldende taalgebruik kan veral toegeskryf word aan sy liefde vir sy land, die gestroopte skoonheid wat hy in hom ronddra as gevolg van noukeurige waarnemings, wat hy liasseer binne die besonderse landskap wat hy afbaken vir Skepper, skepsel en skepping, ongeag eksterne omstandighede van lokaliteit, era of oorsprong.


 

 

 

 

 

 
Hosted by Dirib Web Design & Hosting 
Copyright © Oswald Rall Theart 2023. All Rights Reserved.

Web & Graphic Design by Namcontractor.com